/r/afrikaans

Photograph via snooOG

'n Lekker plek vir alles Afrikaans.

Van nuus tot kak praat in die enigste taal met n baard.

Welkom

Ons is n lekker oop Afrikaanse gemeenskap. Voel vry om te debatteer en enige Afrikaanse nuus te deel.

Kom help ons ook om Reddit in Afrikaans te vertaal, hier is hoe jy kan help en wegspring!.


Welcome

We are a very relaxed and open Afrikaans community, Feel free to contribute to the subreddit by taking part in debate and sharing Afrikaans news.

If you're learning Afrikaans, we'll do our best to answer any questions you may have.


Aanhaling van die maand:

"Engels! Engels! Alles Engels! Engels wat jy sien en hoor; In ons skole, in ons kerke word ons moedertaal vermoor."

C.P. Hoogenhout - 1880


Learning Afrikaans:

Please find Afrikaans learning material below to help you on your way:

Sources - The Afrikaans Challenge

Learning Afrikaans - The Afrikaans Challenge

Openlanguages.net - Video tutorials

Taalcursus Afrikaans: Achtergrond en theorie van het Afrikaans

Reddit Afrikaans Community Tips

The /r/Afrikaans community is also at your disposal for any extra help you may need. Geniet!


Lande

/r/SouthAfrica

/r/SuidAfrika

/r/Namibia


Stede en Dorpe

/r/Pretoria

/r/Bloemfontein

/r/Orania

/r/CapeTown

/r/Paarl

/r/Durban

/r/Johannesburg


Nog Lekker Subreddits

/r/SouthAfricaHistory

/r/Biltong

/r/southafricanmusic/

/r/springboksrugby

/r/afrikaans

29,421 Subscribers

5

Nommer 2 - 'n kort verhaal

Om te bepaal waar die verhaal begin weet gin mens. By my vrou? Ons plaaslike biltong kenner of die onderwerp op hande?

Kom ons begin by my vrou. Sy is tog die belangrikste mens in my lewe, my beste vriend en moeder van my eerste en enigste terroris van 'n kind. God red my... Sy (my vrou) was gebore in Durban in die tagtigs, so, natuurlik Engels. Maar sys ook Italiaans, so nie 'n tipiese Durbaniet nie. Sy geniet kos maak op haar eie unieke manier. Resepte is 'n aanwysing, nie 'n beproef en getoetste riglyn vir 'n traditionle gereg nie. Partykeer eet ons maar net die kos want ons hou nie van mors nie. Ons ouers het ons beter as dit groot gemaak. Die kinders in Afrika sterf, en ons eet - dit voel net verkeerd om ontslae te raak van die maaltyd. Dit is nie nou belangrik nie...

Om by te las, sy is ook 'n vegetariër wat soms bietjie vis geniet, maar nie té visserig nie; anders land dit in my bord op. Sy verwerk wel vleis vir my en ons kind. Ons kom op 'n ander aand terug na dit, dit is ook nie nou belangrik nie...

Ek is baie noukeurig as dit kom by biltong en droëwors. Soms maak ek my eie biltong. Dit is baie maklik: vir elke kilogram nat vleis benodig jy plus minus 30gram growwe sout, 7gram bruin suiker, salpeter, 1gram koeksoda, 5ml growwe swart peper, 6gram koljander en bruin asyn. Lat die vleis le in die mengsel vir 'n klomp ure. Hang in jou biltong kas vir 'n paar dae met ventilasie. Jy behoort halfte van jou hang gewig uit te trek in die finale produk. Peuter met jou resep tot jy jou eie smaak vind. Persoonlik los ek die suiker...

Droëwors is 'n ander dier. Shaun, ons plaaslike verkoopsman het 'n wen resep. Ek het nou al 'n klomp keer self probeer, my ou hande wil nie werk met daai fokken derm nie, so, ek ondersteun nou maar sy stalletjie; hy ken van die wors masjien en stop tegniek. My oupa het altyd gesê, "los werk vir ander mense, hulle moet ook kos op die tafel sit". Shaun kom besoek ons dorp een keer 'n maand, spesifiek die eerste Sondag - klokslag. Ek koop gewoonlik pakke van 500 gram sodat dit my die hele maand hou. Maar, dit is normaalweg klaar binne die eerste week. My vrou gluur net waneer sy die lee bruinpapier sakkies in die rommel sien. Niks ontsnap haar nie... Die maand het Shaun se resep 'n kolskoot los geslaan, die bondel droëwors het die perfekte verhouding van dikte, natigheid, vet en smaak. Ek smul, sien uit na elke toekomstige hap nog voor die huidige een klaar gekou is. Ek maak ook seker om elke enkele smaak uit die vleis te suig voor ek sluk - noem dit maar 'n boere chappie. Ek dwaal alweer af...

Normaalweg bestaan ons huishoudelike dieet uit geregte wat min of geen vleis bevat. Ek voel, in my ou dag, my maag voel beter, ek het meer energie, en my stoelgang is nie so moeilik om te verwerk nie. Maar as ek lekker baie biltong en droëwors eet tydens die rugby seisoen begin my maag probleem gee. My maag is nie meer gewoond aan die massas vleis nie. My kakebeen word ook vinnig moeg, so ek eet gewoonlik stadig en geniet elke happie. Dit is 'n lekkerny in my opinie, nie 'n stapel nie. Darm begin die Rugby ses nasies toernooi nou! Matigheid, 'n kosbare les!

Dit is Maandag, 'n ekstra besige dag by die werk gewees. Na 'n lang dag se staar na 'n rekenaar skerm, vol syfers, grafieke, data, en snert eposse lees, voel ek, ek verdien 'n ekstra stok droëwors. Die een bestuurder wil more alweer 'n vergadering reël. Hy het 'n bruin neus, hy lyk altyd moerse besig maar doen eintlik net mooi fokkol... Eendag sal sy lot by hom opvang. Hy kan eenvoudig 'n epos stuur, dit sal 7 ander mense almal 'n uur spaar. Amper 'n volle werksdag vir die besigheid in sy moer... Hy is eintlik 'n drol.

Vanaand moet ek stort na aandete. Die warm water stroom my af, ek rol my kop van kant to kant, masseer my nek asof dit rêrig help! My vrou se sjampoe is luuks, dit help glo vir haar donker hare en kopvel, ek gebruik dit ook, sy weet dit net nie! Dit los 'n lekker vars gevoel op my nek, ore en voorkop.

Eweskielik, my maag kramp, baie ongewoond, soos 'n jaggeweer wat gelaai is, 'n massiewe wind sit reg om my spysverteringskanaal te verlaat. Ek gan moet help... Die demoon ontsnap met so 30 grade kantel van my heup. Ek staan selfs op my linker toon vir daai ekstra bietjie verligting. Die vel om my ribbes en heup vou soos die voorkop van 'n Shar Pei. My selfbeeld is nou rêrig nie belangrik nie, fokus... My pens kramp nog meer en trek my maagspiere saam, my skouers en kop trek vanself af, amper horisontaal - ek besef, 'n baie gevaarlike posisie om in 'n stort te wees. Die sjampoe stroom my oë in. Ek snak na asem deur my tande, oor en oor, dit brand, die chemikalieë steek soos 'n naald diep agter in my oë. Hoe harder ek knyp, hoe meer sjampoe vloei oor my ooglede, hoe meer probeer ek dit weg asem. Dit help nie. My hande verlaat my kop, ek steun myself teen die teëls, dis koud, ek voel die kondensasie onder my palms. Met my wit sjampoe hande, gekantelde heup en hoek van my kop, lyk ek soos 'n naak Michael Jackson tydens 'n wêreld toer konsert op die hoogtepunt van die aand se snitlys. Die swael tref my neus, dit is ekstra skerp. Die kombinasie warm water en stoom versterk die reuk, soos 'n atoombom vul die stort met my gas. Ek snak, probeer saggies hoes, dit help nie. Ek gee op, ek moet asem haal, my longe skreeu vir suurstof, dit brand, binne, diep binne. Ek hoes, weer, en weer, onophoudelik, soos 'n vrou wat 40 jaar lank 'n kettingroker was, haar gunsteling - Peter Stuyvesant, die rooi pakkie nogal, die 12 volt van sigarette! Tyd staan stil, dit voel vir ewig, elke asem, 'n nuwe walm, 'n aanranding van my longe, oor en oor. Uiteindelik, dit raak beter, my oë voel goed, vars uit gewas, half deur die seep, half deur my trane.

My vrou klop aan die deur, "baby, is jy okay"? Ek sukkel om rustigheid te vind en sê, "ja my lief, ek het net gou verstik" ek kan voel hoe rol sy haar oë vir my agter die deur. Ons is nie meer jonk getroud nie...

2 Comments
2025/02/04
20:52 UTC

0

Jou hart behoort aan hom

5 Comments
2025/02/04
15:48 UTC

78

Baie dankie

Ek het 'n profiel geskep bloot om hierdie te sê: Baie dankie aan hierdie gemeenskap.

Ek wil ook net konteks skep: Ek is 30 (M), nie gelowig (glad nie teen ander wat is nie) en baie na aan my familie.

Julle het nie vir my direk hulp verleen nie, maar ek het hierdie gemeenskap toevallig raakgeloop op die internet terwyl ek van my omstandighede wou vergeet.

Hierdie mag dalk soos oordryf klink, maar dinge in my familie gaan nie goed nie. Ek het vroeg Januarie my ouma aan my pa se kant verloor (genadiglik, as ek dit so "koud" kan stel, weëns ouderdom) en my ouma aan my ma se kant lê in die hospitaal en is enkele dae weg van sterf (soos deur die onkoloog bevestig) a.g.v. kanker. Ek is ongelooflik "close" met my ouma wat kanker het, so dit tref baie hard en uit die aard van die saak tref dit my ma hartverskerend hard. Ek het by my ouma kom bly die dag wat sy gediagnoseer is om my ma te help na haar kyk deur te help huis skoonmaak, skottelgoed was ens., my ouma te help was en eet (toe dinge slegter begin gaan) en het haar na elke onkoloogbesoek/hospitaalafspraak geneem tot dusver. Die opsomming is dat ek deur 'n redelike moeilike tyd gaan.

Die rede hoekom ek dankie sê is a.g.v. die allerdaagse kommentaar wat ek op hierdie blad lees van mense wat ek mee kan vereenselwig. Die grappe laat my al heelaand lag, humoristiese opmerkings wat my laat giggel en die algemene positiewe uitkyk wat meeste van julle het laat my goed voel. Wat ek basies probeer sê is dat julle my help vergeet, al is dit vir 'n oomblik, en dit help. Ek het 'n klomp mense waarop ek kan staatmaak, maar soms kort jy 'n uitsig buite waaraan jy gewoond is.

Fokken baie dankie

16 Comments
2025/02/03
22:51 UTC

51

"As en urn en die stille horison" my digbundel

Van die "Erkennings" bladsy:

Vir al die digters wat nooit digterlike reëls geleer het nie en dit nogsteeds regkry om die reëls te breek. Vir die wat ywerig werk aan hul poësie na werk, bloot oor hulle wil, of moet. Vir Bukowski, Angelou, Twain, Capote, Kerouac en Faulkner. Vir die wat 'n kanon van woorde rig op die kanon pretensieuse.

Vir my vrou en vir my kind.

Dankie.

19 Comments
2025/02/03
08:23 UTC

13

Wurmtannie

7 Comments
2025/02/03
03:03 UTC

0

Jou hart behoort aan hom

1 Comment
2025/02/02
07:34 UTC

0

Ruby red, a book about apartheid is overly racist and has a ton of extreme Afrikaner stereotypes. I’ve been reading it in school as part of history class.

Ok, so I’ve been reading ruby red by linzi glass as part of history, (we got to chose between it and the color purple) and, ITS LITERALLY THE MOST OFFENSIVE THING EVER UNLESS YOUR A WHITE BRITISH PERSON.

  1. rubys family claim to be completely Un racist or xenophobic, but in her eyes only whites are classified as having beautiful features, and her family litrele screem at her for being freinds with an afrikaner. Some text evidence for this

“ I wonder how my freinds would react if I told them I talk to black people, not just when I want more lemonade or mash potatoes“ MEANWHILE “Zenzlie, fetch ruby some lemonade” (zenzile, I don’t know if that’s her name, I forgot it, is not white and their “maid”)

“the angry black painter”

“but their Afrikaans, he muttered, as if he had smelt a bad smell”

”my family hates Afrikaans pepole because their racists”

im sorry, but this is literally just from the first five chapters. Also Luetta and Johans dad is said to be a mass supporter of Hiltler, due to his German ancestory. Tf did having German ancestry make you a Nazi? As a half German person, I find this lokey offensive. Also her family say stuff like Luetta, her friend and boyfriends brother is “dangerous to us because she’s one of them” (meaning she’s an Afrikaner) And they lirtrelaly go into hiding when they find out about Johan (the boyfriend) is Luettas brother.

ik the book is ment to have undertones to do with anglo-Boer tension at the time, but this is a bit over the top.

Also some random quotes from the book that dont have anything to do with the above topic

“Dominic patted his groin and said, I’m a growing boy”

”yeez darlhin, Is zat is soy nice” (the guy that works at her mom’s gallery, after being described as gay)

I have to write a report on how this book represents the hardships of apartheid, and I honestly don’t know what to say apart from the fact that its actually kinda shite.

(coming from a half German person half Irish person that moved to KZN at age 4)

Edit: yall, I know that my grammar is bad, I’m dyslexic. Pls ignore it. I tried my best to edit it

48 Comments
2025/02/01
21:01 UTC

9

Antique Objects Show and Tell

0 Comments
2025/02/01
20:26 UTC

11

Is there somewhere to practice typing Afrikaans?

Hello, my parents are both afrikaans but I grew up in Canada from the age of 3 and lost a lot of the language. ek kaan virstaan e bieke maar groet voorde is te moelik vir my, maar bie fer is my lees (reading) en tik (typing/spelling skills).

Kaan ek miskeen heerso probeer om te tik, een eemant kan vir my correct? oof vaar moet ek gaan om dit to practice?

56 Comments
2025/01/31
20:02 UTC

0

Afrikaans can sound really wrong when you have a dirty mind

i was at my freinds house, we were doing a project for school, her mom came in and asked if we needed anything, and she showed her mom her projetct idea (it was double sided)

apparently she said something along the lines of “chose the most beautiful side” BUT HECK NAHH, THAT DID NOT SOUND GOOD.

“kies my mooiste Kant”

I NEARLY DIED. IT SOUNDS SO DIRTY 💀

15 Comments
2025/01/31
19:35 UTC

47

Afrikaans speakers, I need some advice.

My dad’s side of the family was Afrikaans, and my mom’s side was English. I understand Afrikaans, but wow, you guys speak fast, so it takes me a second to process. I can speak it too, but my pronunciation is rough, and I tend to start and stop my sentences, so it doesn’t sound quite right.

I’m starting a new job (my first job since matric), and most of the customers are Afrikaans. Would it be more respectful to try speaking Afrikaans and hope someone tells me I can switch to English, or would it be rude if I just started in English right away?

57 Comments
2025/01/30
12:33 UTC

3

Liedjie van Amalia (TV reeks)

Hi julle! Toe ek op hoërskool was was daar 'n TV reeks met die naam "Amalia" op MNet (hier is die IMDB link: https://m.imdb.com/title/tt4190150/) met bekendes soos Illse Roos, Marius Weyers, Dawid Minaar en Anna-Mart vd Merwe wat daar in gespeel het. Ek het baie van die lied gehou wat aan die begin gespeel het en het vanoggend wakker geword met dit wat in my kop speel. Ek het probeer soek daarvoor op die internet, maar ek kry dit nêrens op die gewone plekke soos YouTube nie. Weet enige iemand waar ek dit dalk in die hande kan kry? Of as julle dit het? Ek sal dit opreg waardeer! 🙏🏻

7 Comments
2025/01/30
05:12 UTC

9

Snaar plukkers onder ons?

Wonder of daar van julle is wat my kan sê waar ek kitaar tabs vir Afrikaanse songs kan kry? Anders as ultimate-guitar.com

12 Comments
2025/01/30
03:19 UTC

8

Hoe veel woorde in Afrikaans ken julle wat die letters 'û' of 'î' het?

Ek weet brûe is een woord wat wel û het, maar watse ander woorde ken julle wat dit het , en is daar enige woorde met î in dit.

9 Comments
2025/01/29
21:44 UTC

8

Spelling

Waar kla ek dat die flair "Menigsopname" sê en nie "Meningsopname" nie?

2 Comments
2025/01/29
18:57 UTC

21

Wat is Miltsteek in engels?

Die direkte vertaling op google lyk nie reg nie? Ek dink aan die steek pyn wat jy kry wanneer jy hardloop.

19 Comments
2025/01/29
17:56 UTC

4

Die son trek water

Dis ń Afrikaanse uitdrukking vir "dit word laat in die dag", maar wat is die betekenis daaragter?

5 Comments
2025/01/29
17:50 UTC

127

DeepSeek weet wat ons weet, maar weet nie wat hy weet nie.

37 Comments
2025/01/29
17:22 UTC

8

Repost: Is it just me or has Afrikaans changed the word for “star”? (Singapore Zoo)

3 Comments
2025/01/29
16:07 UTC

25

Afrikaner in Noorweë,

Ek woon in Noorweë en wonder of daar ander Afrikaners hier is wat Afrikaans of ons kultuur nog aktief uitleef. Hoe deel julle ons tradisies en taal met mense om julle, en hoe hou julle dit lewendig? Ek is half Engels en Afrikaans en vind dit redelik maklik om hier in Noorweë aan te pas. Die kultuur is redelik soortgelyk, maar ek mis dit om regtig met mense te gesels.

17 Comments
2025/01/28
21:44 UTC

16

'n Paar van ons familie se Huppelkind-boeke.

1 Comment
2025/01/28
21:34 UTC

12

Huppelkind en sy maats

Vir enige iemand wat in Afrikaans se kultuur belangstel, my pa was die oorspronklike Huppelkind, en my oupa het die stories geskryf. My ouma ('n egte Engelse vrou wat Afrikaans en Duits gepraat het) het al die tekeninge gedoen. Kan jy jou gunstelingstorie onthou? Ek hou die meeste van die Boekwurms.

Laat weet as jy verdere veranderinge wil hê! 😊

4 Comments
2025/01/28
21:31 UTC

3

n Briljante 'spoken word' gedig

0 Comments
2025/01/28
20:24 UTC

3

Toevlugsoord in engels

Hallo almal - in die 80s was daar 'n oorgeklankte show op TV met die naam 'Toevlugsoord'

Weet enige iemand wat die show in engels was? Was dit 'Logan's Run?' - of iets anders

DAANKIE

5 Comments
2025/01/28
11:54 UTC

7

Asseblief my mense, ek kort hulp - Debt Rehab Vraag

Goeie More r/Afrikaans

Kan ek vra, wie gebruik julle mense vir Debt rehab ?

Ek is huidiglik onder debt rehab, dis 'n lelike storie, die probleem is daar is nou geld weg, die rehab se staat lees alles is op datum, maar volgens die invorderings maatskappy is van die fooie nie betaal nie, alhoewel dit van my verhaal is. Ek voel klein bietjie ongemaklik, en dink dis bes om dalk 'n ander instansie te nader.

By voorbaat baie dankie.

4 Comments
2025/01/28
08:56 UTC

25

Braaigeheime

Wat is jou geheim as jy braai - daai spesiale iets wat jy doen of byvoeg, of juis nie doen of byvoeg nie?

Draai jy jou vleis kort-kort, of wag jy dat hy eers goed deurbraai voor jy hom omdraai?

Wanneer gooi jy speserye? Het jy n geheime marinade?

Kom ons praat bietjie braai.

46 Comments
2025/01/28
02:34 UTC

165

Ons kan net hoop dat Wanatu landwyd uitrol :) Ons kort sulke diens in die Wes-Kaap

53 Comments
2025/01/27
21:09 UTC

Back To Top